REGISTREER
Sien asb ons webwerf vir 2024 se pryse. Kontak gerus vir Philip van Emmenis vir enige navrae by philip@clydesdalewaterpolo.co.za.
Neem kennis dat alle registrasies geldig is vir die volle duur van een jaar (1 Januarie tot 31 Desember). Fooie sal jaarliks aangepas word voor die nuwe jaar begin.
Wanneer ‘n betaling gemaak word moet u asb. die volgende as verwysing gebruik: Speler se voorletters en van gevolg met die ouderdomsgroep waarin hy tans speel (bv. P. LE ROUX o12).
Bewys van betaling moet asb na philip@clydesdalewaterpolo.co.za gestuur word saam met die speler se volledige naam, van, geboortedatum en ouderdomsgroep waarin hy speel.
Gedragskode
Alle administrateurs, afrigters, spelers en ouers wat verbonde is aan Clydesdale Waterpoloklub moet asseblief kennis neem van Afrikaanse Hoër Seunskool se gedragskode en instem om hulself daarvolgens te gedra gedurende alle oefeninge asook alle wedstryde wat gespeel mag word.
Alle administrateurs, afrigters, spelers en ouers wat verbonde is aan Clydesdale Waterpoloklub moet ook kennis neem van FINA, SSA en NTS se regulasies en verstaan dat die klub homself in lyn stel met hulle reëls, waardes en beleid.
Lees asseblief ook noukeurig deur die klub se gedragskode. Hierdie gedragskode dien as ‘n riglyn vir alle ouers, spelers en alle personeel wat in diens is van die klub.
Vir spelers en ouers wat nuut is tot waterpolo kan gerus die volgende dokumente deurlees om sodoende die spel beter te verstaan.