7 DAE GRATIS TOEGANG
Registeer hieronder vir ‘n toegangskaartjie wat vir 7 dae (een week) se gratis afrigting gee. Kontak gerus vir Philip van Emmenis vir enige navrae by philip@clydesdalewaterpolo.co.za.
Vrywaring
Deur om hierdie volm in te vul, onderneem persoonlike hoedanigheid as speler/vader/moeder en/of natuurlike of wetlike voog om geen eis teen Clydesdale Waterpoloklub of enige werknemer in te stel wat betref enige skade as gevolg van besering, diefstal, lewensverlies of enige ander voorval nie.
Gedragskode
Alle administrateurs, afrigters, spelers en ouers wat verbonde is aan Clydesdale Waterpoloklub moet asseblief kennis neem van Afrikaanse Hoër Seunskool se gedragskode en instem om hulself daarvolgens te gedra gedurende alle oefeninge asook alle wedstryde wat gespeel mag word.
Alle administrateurs, afrigters, spelers en ouers wat verbonde is aan Clydesdale Waterpoloklub moet ook kennis neem van FINA, SSA en NTS se regulasies en verstaan dat die klub homself in lyn stel met hulle reëls, waardes en beleid.
Lees asseblief ook noukeurig deur die klub se gedragskode. Hierdie gedragskode dien as ‘n riglyn vir alle ouers, spelers en alle personeel wat in diens is van die klub.
Vir spelers en ouers wat nuut is tot waterpolo kan gerus die volgende dokumente deurlees om sodoende die spel beter te verstaan.